Facebook community

Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon

Wat is in die beste belang van die kinders van Afrikaanssprekende ouers wat in die buiteland grootword - wat moet so 'n ouer met Afrikaans maak?

‘n Ondersoek na die houdings en gebruike van Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon is in 2012 van stapel gestuur. Die ondersoek is steeds aan die gang en bestaan uit twee bene:

1) ‘n Vraelys op die Internet by:

https://www.surveymonkey.com/r/AfrikaansBuiteSA2

2) Hierdie Facebook geselsblad, wat ‘n forum skep vir ‘n gesprek oor al die tipiese vreugdes en uitdagings van Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon. Gesprekke word nie tot ouerskap of taal beperk nie – enige ander emosionele of praktiese kwessies is welkom.

In Maart 2013 het die Skool vir Tale by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit besluit om by hierdie projek betrokke te raak. Die doel is om aan die hand van

– bestaande internasionale navorsing oor meertaligheid
– die gesprekke van hierdie groep, en
– die resultate van die Vraelys,

te werk aan ‘n praktiese inligtingstuk vir Afrikaanssprekendes buite Suider-Afrika (en ook IN Suider-Afrika) oor die voordele van meertaligheid; en hoe dit bevorder kan word. As daar nadele is, sal dit ook uitgewys word.

 

 

 

Contact Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon

+2782 5515615
Suid-Afrika
Connect on Social Media

Share this listing