Entertainment

AfriForumTV

Gratis digitale platform

AfriForumTV is ’n gratis digitale platform wat gehalte visuele inhoud bied aan enigeen. Intekenaars kan verskeie kanale op hulle televisie, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-toep gebruik te maak. Dié platform het ook ’n aantal programme vir kinders, byvoorbeeld Kroonland se skuur (Bybelverhale vanuit diere se oogpunt), Klein Helde (’n animasiereeks wat tans ontwikkel word en meer oor historiese figure vertel) en Doen dit sommer self (stap vir stap lesse om self speletjies en versierings te leer maak). Dit is maar net enkele voorbeelde – die kanaal bied iets vir alle ouderdomme en alles is gratis.

Contact AfriForumTV

+27 86 102 0030
South Africa
Connect on Social Media

Share this listing