Facebook community

Afrikaans in Australia

Almal in Australië wat graag hul vermoë om Afrikaans te lees en skryf lewendig wil hou, word aangemoedig om by hierdie groep aan te sluit. Lede word dus aangemoedig om hier in Afrikaans te gesels; ook as hulle geleenthede soos kunstenaars van Suid-Afrika bemark. 

Dit gaan nie oor ‘n reaksie teen ‘n ander taal nie, allermins; hier in die ‘buiteland’ werk en leef ons almal daagliks in Engels, so hierdie is maar net ‘n ontspanne Afrikaanse geselskansie – veral vir mense (soos expats) in Australia (maar enigeen kan saamgesels).
Ons verkies opbouende, positiewe gesprekke wat ander lede en mense respekteer. Kom ons laat ruimte vir verskil en deel ons opinies op ‘n ordentlike wyse. Ondersteun asseblief ook die Afrikaanse inisiatiewe wat hier gepromoveer word. Versprei ook die woord!

Die bladsy se doel is verder om mense met Brokkies in aanraking te bring. Brokkies is ‘n Afrikaanse e-nuusbrief met ‘n groeiende internasionale leserstal, en is intussen ook as ‘n Aussie-weergawe uitgegee. So het Brokkies ‘Kiwi-Brokkies’ geword en ‘Aus-Brokkies’ is enkele jate gelede begin. Jy kan GRATIS inteken op enige van die uitgawes by https://www.brokkies.net/- gaan kyk gerus waaroor dit gaan.

Contact Afrikaans in Australia

+64 27 657 2147
Australia
Connect on Social Media

Share this listing