Book shop

Boekwurm

Suid-Afrikaanse erfenis vir jou boekrak

Gee jou kind die voorsprong van tweetaligheid! Leer, lees en speel in Afrikaans – internasionaal.

 Welkom by Boekwurm! My naam is Jeannie, en ek woon sedert 2018 in Sydney, Australië. Kieran is my Aussie-man wat in 2017 begin Afrikaans leer het, en ons het twee seuntjies. Ons oudste is in 2020 gebore.

Ek het tydens die pandemie besef dit gaan moeilik wees om ons kinders ’n wegspring met Afrikaans te gee. Ons glo ook tweetaligheid is van onskatbare waarde vir ons kinders. Boekwurm het dus in 2021 hier in Sydney, Australië ontstaan.

Boekwurm het sedertdien al pakkies na honderde gesinne in Australië, Nieu-Seeland en Kanada gestuur. Ons is mal daaroor om ons kliënte beter te leer ken deur middel van boodskappe, oproepe en sosiale media. Suid-Afrikaners woon en werk op die interessantste dorpe!

Dit sal wonderlik wees as ons kinders met selfvertroue in die taal van hul ouers, oupas, oumas, niggies en nefies kan lees, skryf en kommunikeer! My doelwit is dus om kinders en ouers toe te rus sodat Afrikaanse kinders in die buiteland makliker in kontak met die Afrikaanse taal en kultuur kan bly.


 

Give your child the head start of bilingualism. Learn, read and play in Afrikaans – internationally.

 Welcome at Boekwurm! My name is Jeannie. I have been living in Sydney, Australia since 2018. Kieran is my Aussie husband who started learning Afrikaans in 2017, and we have to small boys. Our elder son was born in 2020.

I realised during the pandemic that it would be difficult to give our children a head start with Afrikaans. We believe that bilingualism is of inestimable value to our children. Boekwurm therefore had its inception in 2021 here in Sydney.

Since then, Boekwurm has sent packages to hundreds of families in Australia, New Zealand and Canada. We love getting to know our customers better through messages, telephone calls and social media. South Africans live and work in the most interesting towns!

It would be wonderful if our children could read, write and communicate with confidence in the language of their parents, grandparents and cousins. My aim is therefore to equip children and parents so that Afrikaans children in abroad can remain connected to the Afrikaans language and culture in an easy way.

Contact Boekwurm

Sydney NSW, Australia
Connect on Social Media

Share this listing