Tourism, travel and relaxation

Toerbroers

Om te reis is om jouself te vind.

Min mense leef ooit hul droom en passie werklik uit, maar Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, ook bekend as Toerbroers, het ná jare se harde werk en toewyding uiteindelik die punt bereik waar hulle elke oomblik van die dag besig is met dit wat hulle werklik gelukkig maak.

Toerbroers bied nagenoeg 100 toere per jaar na plaaslike en internasionale bestemmings aan waar avonturiers en natuurliefhebbers saam met hulle eksotiese eilande, boskampe en bestemmings kan besoek waar hulle self leeus, olifante, buffels, renosters, bokke en baie meer sal kan sien.

Toerbroers was lank in die sang- en modebedryf en het al na baie plekke heen gereis, maar hulle is nou permanent betrokke by toerisme en natuurbewaring en veral die behoud en beskerming van bedreigde spesies.

Contact Toerbroers

+27 82 332 9512
Pretoria, South Africa
Connect on Social Media

Share this listing